A Christian Evangelism missionary organisation in South Africa with a vision for the unreached and neglected groups
Die fase staan bekend as die Evangelisasiefase. Die eerste paar aande praat ons oor die verlore toestand van die mens en die ewige oordeel. Soos wat ’n boer eers sy grond inbreek, omploeg en gereedmaak om die saad te ontvang, so word die eerste boodskappe gebruik om die hart van die verlore sondaar voor te berei om die saad van die goeie nuus te ontvang. Dit is eers wanneer die mens sy verlore toestand besef dat hy ’n behoefte aan ’n Redder en Verlosser het.