Thia Pretorius, Oudioloog, spesialiseer in die passing van gehoorapparate vir kliente van alle ouderdomme. Haar diens is toegespits op die aanpassing by versterking oor 'n periode van 1 - 3 maande waartydens programmering van die apparate gedoen word om die klient se spesifieke behoeftes te pas.