Andre van Dyk (Langebaan en Boland) het die tweede been van die Suid-Kaap Senior toernooi-reeks gewen toe hy die Suid-Kaap Senior Ope oortuigend met 4 houe gewen het. Die toernooi is op die George-baan gespeel. Van Dyk se rondes was 67 en 70 vir ‘n totaal van 137 – 7 houe minder as baansyfer. Tony Bailey en Francois le Roux (beide van De Zalze) was in die gesamentlike tweede plek op 141...read more