Green AnnalizeEducational Psychologist Children & Adults 145 Zambesi Dve Sinoville Pretoria 012 5674768
Die Multi-Dissiplinêre Terapiesentrum het toegeruste speelkamers en ‘n sandterapiekamer. Dit maak spelterapie as een van die vele terapeutiese vorme wat hier gebruik word ‘n groot aanwins met wonderlike terapeutiese uitkomste. Verskeie ander terapeutiese vorme en behandelingstegnieke word deur die diverse verskeidenheid deskundiges in die onderskeie dissiplines hier aangewend tot voordeel van kliënte. So word maksimale persoonlike groei vir kliënte, terapeutiese sukses en geestesgesondheid volgens elke individu of gesin se unieke behoefte nagestreef.