Dit gaan verseker ekstra toewyding en positiewe denke vereis van almal verbonde aan Hoërskool Bergvlam
Hoërskool Bergvlam, te West Acres Nelspruit, is ‘n multikulturele opvoedkundige inrigting met ‘n eg Suid-Afrikaanse karakter wat Christelike norme en hoë standaarde, op alle terreine, binne ’n veilige en behoudende omgewing handhaaf. Ons missie is om leerders, in hul totaliteit, volgens ‘n bepaalde waardesisteem maksimaal te ontwikkel tot verantwoordelike individue.