Jou eerste tree in ‘n geloofslewe is nie net ‘n gedragsverandering nie, maar ook ‘n diepe verstaan van jou herposisionering wat God reeds in plek gesit het, as gevolg van die afgehandelde werk van Christus aan die kruis. Dit posisioneer jou reg in jou stand met God. Hierdie regverdigheid word uitgedruk binne ‘n lewe van ware identiteit en intimiteit in Christus met integriteit as bewys.