Hierdie teater het sy ontstaan gehad as gevolg van die behoefte wat daar tans in Pretoria en omgewing bestaan om ‘n platvorm te skep vir opkomende kunstenaars, waar hulle kan optree sonder enige verpligtinge. Talle van die huidige teaters is buite die bereik van nuwe kunstenaar as gevolg van finansiële omstandighede, (huur van teaters is onbekostigbaar, en hulle verpligting om dan te verseker dat die vertonings uitverkoop word, maak dit buite bereik)