At the foot of Paarl Mountain, surrounded by culture and the rich history of the Drakenstein Valley, lies the home to the Brotherhood of the Blue Blazer. Hoër Jongenskool geniet landwyd erkenning as een van Suid-Afrika se toonaangewende onderriginstansies. Ons voortreflike en toegewyde personeel beskou dit as hul voorreg en roeping om toe te sien dat elke leerling wat aan hulle toevertrou word, sy volle potensiaal bereik. Daar word met oorgawe geslyp aan elke faset van sy menswees – die akademiese, die liggaamlike, die emosionele en die geestelike.