Ons is ‘n Afrikaans medium, voorskoolse sentrum, wat spesialiseer in die liefdevolle versorging en stimulering van babas vanaf twee maande tot vyf jaar oud. My skooltjie het ongeveer 14 jaar gelede ontstaan uit my passie en liefde vir kinders. Ek kan met trots se dat die ouers en hul kinders deel word van ‘n familie, eerder as ‘n formele plek van opleiding.