Sedert ons eerste versoek vir ‘n Kwotasie tot die laaste “tot siens” is ons met vriendelikheid en ‘n glimlag omvou. In die kantoor was dit jy, Estelle, Martie en Morne wat ons gekontak het en reelings getref het. Met groot geduld is ons vrae beantwoord. Toe Morne ons gekontak het om die tyd vir die laai van die trek te bevestig, het hy gese dit sal tussen 08:00 en 09:00 wees en sowaar, die trek was 08:10 by die oplaai punt.